Omikron versprei vinnig, maar dalk minder gevaarlik

Alhoewel die Covid-19 Omikron-variant vinnig versprei, is daar vroeë aanduidings dat dit minder gevaarlik is as die Delta-variant, volgens Amerika se voorste kenner van aansteeklike siektes, Anthony Fauci. Gevalle van die Omikron-variant is tot dusver in sowat 40 lande aangeteken. Fauci het gesê wetenskaplikes het meer inligting nodig voordat hulle gevolgtrekkings maak oor Omikron se intensiteit. In Suid-Afrika, waar Omikron geïdentifiseer is, het die hospitalisasiekoers nie skerp gestyg nie. Dr. Maria van Kerkhove van die Wêreldgesondheidsorganisasie het tydens ‘n bespreking die volgende oor die variant gesê.

Dr. Mike Ryan het Covid-herinfeksies bespreek.