Praatjies oor uraanontginning gekanselleer

Die praatjies vandag en môre oor die Stampriet Akwifeer Uraanmynbou-komitee van die bekende geoloog, dr. Roy Miller, ‘n spesialis op dié gebied, is gekanselleer. Groot kommer heers oor die impak van die uraan-ontginning op ondergrondse waterbronne in die Stampriet artetiese kom. Miller sou vanmiddag die publiek by die Stampriet-boerevernigingsaal toespreek en môreoggend by Aranos se boereverenigingsaal. Die praatjies is gekanselleer weens Miller wat positief vir Covid-19 getoets het.