Gautengse gesondheidsdepartement betaal meer as R1 miljoen aan e-tolgeld

Die DA in Gauteng sê die provinsiale gesondheidsdepartement het sedert Januarie verlede jaar meer as een miljoen rand aan e-tolgeld vir sy voertuie bestee. Die LUR vir gesondheid, Nomathemba Mokgethi, het dit bekend gemaak in ‘n geskrewe antwoord op die party se vrae in die Gautengse wetgewer. Die DA se woordvoerder, Jack Bloom, sê volgens Mokgethi, het die departement geen uitstaande e-tol-betalings nie behalwe 65 000 rand vir die jongste faktuur.