Namibiese onderwysministerie verduidelik sy standpunt oor herhaling van sekere eksamens
Die Namibiese onderwysministerie het sy besluit om sekere gewone vlak eksamens van leerders van graad 11 en 12 te laat herhaal, in ‘n mediaverkalring verduidelik. Die ministerie sê Namibië loop die gevaar om sy Cambridge-eksamenlisensie te verloor as die eksamens voortgaan. Die ministerie het in die spervuur gekom nadat eksamenvraestelle uitgelek het. Tien verdagtes is in hegtenis geneem.