Cyril Ramaphosa word ‘n hoofman in Ivoorkus

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa is in die Ivoorkus vereer deur die toekenning van die status van hoofmanskap. Die Suid-Afrikaanse staatshoof is op ‘n amptelike besoek aan die Wes-Afrikaland as deel van ‘n vier-nasie-toer van die streek. Hy het die eerbewys aanvaar tydens ‘n seremonie in die hoofstad, Abidjan, waartydens hy ook die sleutel van die stad ontvang het. Ramaphosa was geklee in tradisionele drag en het aan die gehoor gesê hy wou nog altyd ‘n hoofman wees.