Twee Paarlse boere verskyn in landdroshof vir moord op vrugteverkoper

John Woest en JT Basson, ‘n voormalige Springbok-roeier, het gister in die Paarl landdroshof verskyn vir die moord Dinsdag op ‘n 40-jarige vrugteverkoper by die Sonstraal-brug op die N1-hoofweg. Die staat sê die skietvoorval waarin Chatwell Rogers dood is, was vooraf beplan. Die advokaat vir die verdediging, William Booth, voer egter aan sy kliënte het uit selfverdediging opgetree. Volgens berigte het Rogers probeer vlug toe hy deur ‘n koeël getref is. Die saak is uitgestel tot Maandag 6 Desember wanneer die twee boere om borgtog kan aansoek doen.