Polisie sal orde handhaaf by LPM-optog

Die Khomas polisie is gereed om orde te handhaaf tydens vanmiddag se optog deur die Grondlose Mense Beweging. Die party ruk op na die Tintinpalast ter ondersteuning van sy leiers, Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb. Die gebou en die tuine is afgesper en Robert Mugage-rylaan is ook op die oomblik gesluit. Die party Woordvoerder Joyce Muzungua het vroeër aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle sal owerhede ‘n rede gee om hulle in hegtenis te neem. Die streek se bevelvoerder Kommissaris Ismael Basson het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.