Clover-besluit om te verskuif is streng sakeverwant

‘n ANC-lid van Noordwes se wetgewer, Mmoloki Cwaile, het hom uitgespreek teen die redes wat Clover gegee vir die verskuiwing van sy fabriek in Lichtenburg na Kwa-Zulu-Natal vroeër vanjaar. Die suiwelreus het gesê die verskuiwing was as gevolg van dienslewerings-aangeleenthede. Cwaile het onthul die verhouding tussen werkgewer en werknemers by Clover is verbreek, ná ‘n besluit om 300 000 rand in arbeidskoste te sny, deur middel van afleggings en loonverlagings. Hy glo Clover se besluit was streng sakeverwant. Cwaile beskuldig Clover van oneerlikheid deur hulle besluit op die Ditsobotla plaaslike munisipaliteit te blameer.