Namibiese vervaardigers beloon

Die Namibiese Vervaardigingsvereniging het ‘n prysuitdeling gehou om vervaardigers te beloon. Plastic Packaging en Guan’s Packaging het met die twee groot pryse weggestap. Plastic Packaging het die toekenning gewen as die algehele korporatiewe vervaardiging van die jaar en Guan’s Packaging as die algehele groot vervaardiger. Nico du Plessis, besturende direkteur van Plastic Packaging sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is ‘n groot eer vir hulle, maar die omgewingstoekenning is vir hulle baie waardevol.