Namibiese toerismesektor ervaar reeds kansellasies van besprekings

Maatskappye in die Namibiese toerismesektor ervaar al reeds kansellasies van besprekings. Dit volg na die wêreld se reaksie op nuwe Omikron-variant van Covid-19 wat tot ‘n reisverbod op Suider-Afrikaanse lande gelei het. Vrese bestaan vir verdere moontlike werksverliese wat ‘n impak op families gaan hê. ‘n Vakbondleier Mahongoro Kavihuha sê aan Kosmos 94.1 Nuus hy verwag werksverliese en koördineer met ander vakbonde in Suider-Afrika.