Vakbond mor oor aanstelling van permanente uitvoerende hoof vir Prasa

Die vakbond Satawu sê die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika het die afgelope tien jaar misluk om ‘n permanente uitvoerende hoof aan te stel. Sy huidige uitvoerende hoof, Zolani Matthews, is geskors weens ‘n sekerheidsoortreding ná slegs agt maande in die pos. Jack Mazibuko van Satawu blameer die minister van vervoer, Fikile Mbalula, vir die kommerwekkende situasie.