Pulmonoloog maan teen paniek oor nuwe Omikron

Die plaaslike pulmonoloog dr. Willie Bruwer het Namibiërs geadviseer oor die beste manier om die nuwe Covid-variant en die krisis wat dit veroorsaak het te hanteer. Volgens hom is dit onnodig om te gou paniekerig te raak. Hy het egter ‘n beroep op mense gedoen om aan te hou om die maatreëls in plek te gehoorsaam en na te kom, terwyl die pad vorentoe deur kundiges uitgestippel word.