Ramaphosa maan teen vierde Covid-vlaag in SA

President Cyril Ramaphosa sê die Nasionale Koronavirus-bevelsraad het besluit om die land vir eers op inperkingsvlak een te hou, en die nasionale ramptoestand bly in plek. Hy het die land gisteraand toegespreek. Ramaphosa sê die besluit om nie op hierdie stadium verdere beperkings in te stel nie, berus op die feit dat entstowwe tydens die vorige vlae nie algemeen beskikbaar was nie, en baie minder mense ingeënt was.