Vrou lê klag van seksuele teistering teen oud-krieketkaptein van Australië

Die vrou aan wie die voormalige Australiese kriekettoetskaptein, Tim Paine, in 2017 onsedelike teksboodskappe gestuur het, het ‘n klag van seksuele teistering teen Krieket Tasmanië, wat destyds haar werkgewer was, aanhangig gemaak. Paine het verlede week as kaptein bedank en vanoggend aangekondig hy neem ‘n blaaskans van die sport. Die 47-jarige Renee Ferguson sê sy het vroeër klagtes van seksuele teistering gelê, maar dit het ‘n ander kollega betrek. Die beheerliggaam het vroeër bevind die boodskappe tussen Ferguson en Paine was met albei se instemming, maar plaaslike media berig sy het gesê sy is nooit ondervra nie.