Cummins opgewonde oor nuwe kapteinskapNovember 26, 2021
Pat Cummins sê hy is geëerd om Australië se nuwe toetskaptein te wees. Hy neem oor by Tim Paine, wat verlede week bedank het nadat teksboodskappe van ‘n seksuele aard weer na vore gekom het. Steve Smith keer terug na ‘n leierskapsrol as onderkaptein. Cummins sê hy hoop om dieselfde leiding te gee as wat Paine die afgelope twee jaar gegee het. Hy beskryf sy aanstelling as ‘n onverwagte voorreg waarvoor hy dankbaar is. Krieket Australië se uitvoerende hoof, Nick Hockley, beskryf Cummins as ‘n wonderlike speler en leier.