Nuwe variant: ons is terug op Britse rooilys

Namibië is saam met Suid-Afrika en verskeie ander Suider-Afrikaanse lande vanaf 12-uur vandag weer op die Britse rooilys en alle vlugte is opgehef. Die Britse regering het die maatreël ingestel na Suid-Afrikaanse owerhede ‘n nuwe Covid-variant, B.1.1.529 bevestig het. Daar is groot kommer omdat die variant 32 mutasies het op sy stekelproteïen. Dit is ook reeds in ten minste 100 pasiënte regoor Suid-Afrika aangemeld. Die Britse gesondheidsminister Sajid Javid het die aankondiging gemaak.