Toenemende straatkinders word bespreekNovember 24, 2021
Die adjunkminister van geslagsgelykheid Bernadette Jagger sê die land het toenemende uitdagings met straatkinders, veral as gevolg van armoede en mishandeling by die huis. Sy voeg by dat sommige kinders net gedurende die dag op straat is maar saans huis toe gaan of, dat sommige kinders se ouers ook haweloos is. Jagger het die aanmerkings gemaak by die ministerie se drie-dag konferensie om die kwessie aan te spreek. Daar is ook kommer oor dwelmmisbruik onder die kinders.