DA sê Herman Mashaba is vlieg in die salf in koalisie

DA-leier John Steenhuisen sê ActionSA-leier, Herman Mashaba, se termyn as DA-burgemeester van Johannesburg in 2016 het gelei tot die instel van beleid wat in stryd was met dít waarvoor die DA staan. Hy sê ‘n minderheidskoalisie in die stad sal nie sonder die EFF se ondersteuning kan regeer nie. Steenhuisen sê hy sal nie teruggaan op sy belofte om sterk en bestendige koalisies te vorm nie.