Sabotasie by Eskom bewys

Die uitvoerende hoof van Eskom in Suid-Afrika, André de Ruyter, sê die ineenstorting van die kragmas by die Lethabo-kragstasie in Vereeniging in die Vrystaat, was doelbewuste sabotasie. Die kragvoorsiener het gevind die stutte van ‘n kragmas met kraglyne wat elektrisiteit na die kragstasie se oorland-steenkoolvervoerband herlei, is afgesny. Die kragmas het as gevolg daarop omgeval en op ‘n rugsteunkraglyn beland. De Ruyter sê die Valke ondersoek die voorval

Intussen sê De Ruyter beurtkrag sal vanaand om nege-uur opgeskort word en die vooruitsigte vir die naweek en volgende week lyk goed.