Entstof verspreiding is oneties – Gretha
Die omgewingsaktivis Greta Thunberg het ‘n dringende beroep op lande en vervaardigers van Covid-19 entstowwe gedoen om hul produksie te verhoog sodat soveel mense moontlik wêreldwyd ingeënt kan word. Thunberg steun die Wêreldgesondheidsorganisasie se veldtog vir gelyke toegang tot Covid-19 entstowwe. Haar stigting gaan geld aan die WGO se Covax-projek skenk. Thunberg sê dit is onregverdig dat ongeveer een uit elke vier mense in ryker lande teen Covid-19 ingeënt kan word, terwyl daar vir slegs een uit meer as 500 mense in armer lande ‘n inenting beskikbaar is…