Geslagsaktivis: Geregtigheid seëvier in transgender-vrou se saak

‘n Geslagsaktivis het gereageer op die beslissing van Regter Esi Schimming-Chase wat vandag 50 000 Namibiese dollar in skadevergoeding aan die transgender vrou, Mercedez von Cloete in die Windhoekse hoërhof toegestaan. Von Cloete het byna vyf jaar gelede ‘n klag van aanranding teen ‘n Namibiese polisiekonstabel aanhangig gemaak. Die beslissing word as ‘n oorwinning vir die regte van die LGBTQ-gemeenskap gesien. Geslagsaktivis Mama Africa sê geregtigheid het geseëvier.