Wes-Kaap bekommerd oor armer gemeenskappe nie ingeënt is

Die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement sê hy is bekommerd dat veral inwoners in armer gemeenskappe nog nie hul Covid-inspuiting ontvang het nie. Die departement sê hy wil nou voor die aankoms van die vierde Covid-vlaag, toesien dat soveel moontlik inwoners in mindergegoede gemeenskappe hul inspuiting kry. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt is aan die woord.