Prinses Charlene keer terug na Monaco

Prinses Charlene van Monaco het Suid-Afrika gisteraand verlaat om weer by haar familie in Monaco aan te sluit. Sy het etlike maande in die land deurgebring, nadat sy in Mei ‘n oor-, neus- en keel-infeksie opgedoen het. Die prinses het weens komplikasies verskeie prosedures ondergaan. Sy is in September in die hospitaal opgeneem, nadat sy ineengestort het.