Vyf nuwe Covid-gevalle aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het 5 nuwe Covid-gevalle uit 1 411 toetsuitslae aangemeld, wat ‘n positiewe koers van 0,4 persent verteenwoordig. In die groep is vier leerders van verskillende skole, asook een onderwyser. Daar is nou 177 aktiewe gevalle, waarvan 11 mense in hospitale is en niemand in ‘n intensiewesorgeenheid. Altesaam 273 992 mense is ten volle ingeënt. Die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, gee die jongste statistieke.