Moordbeskuldigde Coenraad Strydom borgtog geweier

Coenraad Strydom is vanmiddag in die Walvisbaaise landdroshof borgtog geweier nadat hy op ‘n klag van moord op sy vrou, die 48-jarige Engela Strydom, verskyn het. Sy is Donderdagaand tydens ‘n skietvoorval in hul huis in die Meersig-woonbuurt dood, waarna haar man aangevoer het dat sy selfmoord gepleeg het. Die egpaar is in Julie vanjaar getroud. Die 45-jarige Strydom se saak is tot 15 Desember uitgestel.