Europa se vierde vlaag plaaslik in die nuus

Die Namibiese toerismesektor het gereageer op die nuus dat ‘n vierde vlaag van die Covid-19-pandemie sommige lande in Europa nou teister. Die grootste Namibiese toerismemark is in Europa. Die hoof uitvoerende beampte van die Namibiese Gasvryheidsverniging Gitta Peatzold het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê sy hoop nie dit lei weer tot die sluiting van internasionale grense nie.