Ikonies kreeffees volgende jaar April

Die Lüderitz Kreeffees sal aan die einde van April 2022 plaasvind. Volgens die Waterfront Ontwikkelingsmaatskappy se uitvoerende hoof Fluksman Samuehl sien hulle baie uit daarna omdat die fees laas in 2019 plaasgevind het as gevolg van Covid. Die fees, wat die eerste keer in 2008 gehou is, is baie gewild en lok besoekers na die dorp. Samuehl sê samewerking tussen die dorpsraad en die sakegemeenskap is baie belangrik om ‘n suksesvolle fees aan te bied en hy het ‘n beroep op alle rolspelers gedoen om alles uit te haal vir die geleentheid.