Groente-produsent dankbaar vir hulp van Omgewingsbelegginsfonds

Ileni Nandjato is een van die drie inwoners van die Oshana-streek wie se groentetuin deur die Omgewingsbeleggingsfonds van Namibië ogpegradeer is. Hulle het voorheen gesukkel met water en om hul tuine uit te brei. Hulle kweek onder meer patats, mielies en botterskorsies en sal nou hul families kan voed, inkomste uit hul oeste kry en voedselsekuriteit verseker. Nandjato deel sy opgewondenheid met Kosmos 94.1 Nuus.

Hy sê hy kry bestellings vir sy vars produkte van regoor die land.