NLU ondersteun Kamer van Landbou vir Namibië

Die Kamer van Landbou vir Namibië is onlangs gestig en die visie van die kamer is om op te tree as ’n gesamentlike stem van die private landbouwaardeketting om ’n ondersteunende besigheidsomgewing te vestig waarbinne die landbousektor in sy geheel kan groei. Tydens die stigting is ook ’n bestuurskomitee verkies, wat bestaan uit verteenwoordigers van verskillende landbou-unies, insetverskaffers, finansierders, kopers van landbouprodukte en ook ander samewerkende landbou-organisasies. Die Namibiese Landbou-unie ondersteun die stigting van die Kamer van Landbou en sien uit na samewerking tussen alle rolspelers ten einde die ekonomiese bydrae van die totale landbouwaardeketting te vergroot