Mammoete en mense leef baie langer saam as voorheen vermoed

‘n Navorsingsprojek van 10 jaar waarby meer as 530 monsters van kreature uit die Ystydperk betrek is, toon diere soos wollerige renosters en mammoete het baie langer saam met mense geleef as wat vroeër vermoed is. DNS uit honderde grondmonsters van regoor Siberië, Alaska, Kanada en Skandinawië is ontleed. Dit toon mammoete het byna vierduisend jaar gelede op die Siberiese vasteland gelewe. Dit is nadat die Groot Piramide van Giza in Egipte gebou is. Voorheen is vermoed hierdie diere het sowat 10 000 jaar gelede uitgesterf.