Vragmotorbestuurders in SA is vies vir buitelanders

Dit wil voorkom asof xenofobie weer begin kop uitsteek in Suid-Afrika, veral in verband met buitelandse vragmotorbestuurders. Agt mense is in hegtenis geneem weens die oortreding van die Nasionale Padverkeerswet en openbare geweld in die Vrystaat. Dit volg nadat ‘n groep vragmotorbestuurders die N3 buite Harrismith versper en geëis het om met die vervoerminister, Fikile Mbalula, te praat oor hul kommer oor buitelandse vragmotorbestuurders. ‘n Polisiewoordvoerder, Motantsi Makhele, sê daar was onderhandelings tussen die polisie en die bestuurders: