Stad Kaapstad gaan duisende werksgeleenthede skep

Stad Kaapstad gaan binnekort sy openbare werkskeppingsprogram van stapel stuur en daarmee aan duisende mense waardigheid gee met nuwe werksgeleenthede. Die burgemeesters-komiteelid vir ekonomiese geleenthede, James Vos, sê 160 miljoen rand sal gaan vir die stad se uitgebreide openbare werke-program om net minder as 4 000 mense aan te stel. Hy sê dit sal beskikbaar wees in openbare diens-verwante poste soos brand- en veiligheidsbeamptes in informele nedersettings, die instandhouding van openbare geriewe, skoonmaakdienste en die uitroei van uitheemse plantegroei.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *