Beperkte aantal toeskouers mag nou Suid-Afrikaanse rugbyspanne se wedstryde bywoon

Rugby: SA Rugby het bevestig die Sharks, die Stormers, die Bulls en die Lions hoef nie meer hulle tuiswedstryde in die Verenigde Rugbykampioenskap in Italië te speel nie. Hulle sal nou hulle Europese teenstanders in hulle tuis-stadions kan verwelkom. Die planne is verander weens laat veranderings aan Covid-19-beperkings. Die kragmetings gaan nou van die 27ste van volgende maand in Suid-Afrika plaasvind en ‘n beperkte aantal toeskouers sal toegelaat word.