Man in Pretoria vas vir lewendige perlemoen

Die polisie in Pretoria het ‘n man in hegtenis geneem weens die besit van perlemoen. Die Somaliese burger, Abdi Guret Noor, het in die landdroshof in Atteridgeville verskyn op klagtes van oortreding van die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne en aanhitsing. Die Nasionale Vervolgingsgesag sê die polisie het sakepersele positief uitgeken, op die verdagte toegeslaan en bokse lewendige perlemoen in die vrieskaste gevind. Streekswoordvoerder, Lumka Mahanjana, sê die saak is vir borgtogondersoeke na 22 September uitgestel.