China is vies oor Aukus-verdrag

China sê die ooreenkoms tussen Amerika, Brittanje en Australië hou ‘n ernstige bedreiging in vir vrede en stabiliteit in die streek, verdiep die wapenwedloop en knou internasionale pogings om kernwapens te beperk. Die sogenaamde Aukus-verdrag is ‘n nuwe samewerkingsooreenkoms ingevolge waarvan Australië tegnologie sal bekom om self sy eerste kern-aangedrewe duikbote te bou. Die woordvoerder van China se ministerie van Buitelandse Sake, Zhao Lijian, sê die drie lande benadeel hul eie belange met dié ooreenkoms.