Dausab sê maskers, sosiale afstand is van kritiese belang

Die Namibiese minister van justisie Yvonne Dausab het by die 34ste mediakonferensie in verband met Covid-maatreëls gesê die dra van gesigmaskers en die handhawing van sosiale afstand is van uiterse belang. Boetes in verband met die onwettige verkoop van alkohol is ook hoog.

Sy het ook lede van die Stadspolisie geloof vir die rol wat hulle speel in die opvoeding van lede van die publiek.