Saterdag is aasvoël-dag

Môre is Internasionale Dag vir Aasvoëlbewusmaking en die buurland se bewaringsorganisasie Vulpro sê die bevolking van aasvoëls in die natuur is aan die kwyn. Vulpro rehabiliteer aasvoëls met die doel om elkeen wat herstel, weer in die natuur vry te laat. Die meeste werk word by die organisasie se rehabilitasie- en broeisentrum in Noordwes gedoen. Kerri Wolhuter van Vulpro sê die verlies aan geskikte natuurlike omgewing om kos te soek en te broei, is die hoofoorsake vir die afname in die aasvoëlbevolking se getalle: