Bek-en-klouseer in SA amper onder beheerMay 29, 2025
Die minister van landbou, John Steenhuisen, sê sy departement se verskerpte pogings om bek-en-klouseer te beheer en uit te wis, is werp vrugte af. Die siektebestuur in Limpopo en die Oos-Kaap word binnekort opgehef en ʼn dringende bestelling vir noodsaaklike entstof ter waarde van 72 miljoen rand is geplaas. Die ministerie sê daar is in KwaZulu-Natal en Gauteng egter steeds tekens dat die virus versprei.