Een van sewe verdagtes in Sheehama-moord sal verskyn May 13, 2025
Een van die sewe beskuldigdes in die moord van die 24-jarige Nust-student Matheus Sheehama verlede jaar in Julie, sal vandag in die Walvisbaai-landdroshof verskyn. Dit kom na die ander ses, Mervin Wapota, Jessica Gaes, haar broer Jimmy Gaeb, Romano Paulus, Enrico Gomachab en Moses Kandume borg op 29 April geweier is. Die sewe beskuldigdes is in hegtenis geneem, na Sheehama op 27 Julie vermoedelik na ‘n onderonsie tydens ‘n braai, vermoor is.