Suid-Afrika se huismark skitter steeds

Suid-Afrika se huismark skitter steeds, met nasionale huisprys-inflasie op sy hoogste in vyf jaar ondanks 16 maande van ‘n pandemie en die onlangse onrus in KwaZulu-Natal en Gauteng. Die uitvoerende hoof van BetterBond, Carl Coetzee, sê die huismark bly die verrassende suksesverhaal van die afgelope maande en inflasie bly styg, in teenstelling met vrese dat pryse skerp sou daal.