Hamas-bevelvoerder dood in Israeliese aanval in LibanonApril 4, 2025

Israel het aangekondig ‘n bevelvoerder in die Palestynse militante groep Hamas, Hassan Farhat, en sy volwasse seun en dogter is dood tydens ‘n Israeliese aanval in die Libanese hawestad Sidon. Die Libanese premier, Nawaf Salam, het die aanslag veroordeel en noem dit ‘n “afgryslike aanval op Libanese soewereiniteit” en ‘n verbreking van die 27 November wapenstilstand met Israel. Israel beweer Farhat het verskeie aanvalle op Israeliese soldate en burgerlikes gereël tydens die vyandelikhede ná die oorlog in Gaza in Oktober 2023 begin het.