Uitklop-naweek vir Leeus, Bulle en Haaie in UitdaagbekerApril 4, 2025

Rugby: Die Leeus, Bulle, en Haaie speel hierdie naweek in die kwarteindrondte van die Uitdaagbeker. Die Leeus het ‘n opdraande-stryd wanneer hulle 9-uur vanaand teen Edinburgh in Skotland speel. Môremiddag om half twee is die Bulle in Frankryk om teen Bayonne te speel. Die Haaie moet wag tot Sondagaand wanneer hulle om halfsewe teen Lyon ook in Frankryk speel. Die Haaie is die verdedigende kampioene.