Twee Oseane-marathon verwag meer as 30 000 atleteApril 2, 2025

Padwedlope: Die Stad Kaapstad sê meer as 30 000 atlete sal die naweek aan die 54ste Twee Oseane-marathon deelneem. Saterdag se ultra-marathon strek oor 56 kilometer van Nuweland tot by die Universiteit van Kaapstad aan die voet van Tafelberg. Die half-marathon van 21,1 kilometer vind Sondag plaas. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê 89 lande sal verteenwoordig word.