Krieket: Proteas se Walter groetApril 1, 2025

Krieket Suid-Afrika het aangekondig Rob Walter het bedank as die Proteas se witbal-afrigter. Dit is van die einde van die maand van krag. Hy vertrek om persoonlike redes na twee jaar by die span, waartydens die Proteas die eerste keer die eindstryd van die T20-Wêreldbekertoernooi gehaal het. Hulle het ook deelgeneem aan die halfeindstryde van 2023 se eendag-Wêreldbekertoernooi en vanjaar se Kampioenetrofee. Krieket Suid-Afrika sê Walter het ‘n sleutelrol gespeel om die span se internasionale beeld te herbou. ‘n Opvolger sal binnekort aangekondig word.