Vrou vas na sy baba in oshana gooi March 31, 2025

‘n Angolese vrou is gearresteer op klagte dat sy haar pasgebore baba in ‘n oshana in die Onesi-kiesafdeling in die Omusati-streek gegooi het. Kinders het die drywende oorskot van die kind gesien en owerhede is ontbied. Die polisie sê ‘n lykskouing word gehou om die oorsaak van dood te bepaal en die ondersoek duur voort.