Otjozondjupa-goewerneur maan teen veldbrande

Die kantoor van goewerneur James Uerikua van die Otjozondjupa-streek, rig ‘n waarskuwing aan inwoners van die streek, veral houtskoolproduseerders, dat sterk winde in die streek verwag word. Boere en houtskoolprodusente wat hout vir houtskool brand moet ekstra versigtig wees vir die verwoestende impak van veldbrande wat oor die streek heers. Elvis Muraranganda van die kantoor van die goewerneur, praat met Kosmos 94.1 Nuus.

https://iframe.iono.fm/e/1091450