Baba op Nevermind-albumomslag dagvaar Nirvana ná 30 jaar

Dertig jaar ná die vrystelling van hulle Nevermind-album word Nirvana nou gedagvaar deur die man wat as baba op die ikoniese omslag verskyn het. Spencer Elden sê die kaalfoto kom neer op kinderpornografie en boonop het sy ouers nooit ‘n goedkeuringsvorm onderteken dat die foto gebruik mag word nie. Elden beweer in ‘n regsvoorlegging in Kalifornië in Amerika hy het gely en sal lewenslank ly. Hy eis by elkeen van die verweerders minstens 2,2 miljoen Namibiese dollar. Meer as 30 miljoen Nevermind-plate is wêreldwyd verkoop.