ReconAfrica berei voor vir Prospect I-boorwerkMarch 20, 2025
ReconAfrica se president en uitvoerende hoof, Brian Reinsborough, sê die maatskappy het goeie vordering gemaak om Prospect I gereed te kry vir boorwerk, en die begindatum is geskuif na die tweede kwartaal vanjaar. Spanne het begin met gemeenskapsbetrokkenheid, opmetings en ontbossing, waarna ‘n 10 kilometer-pad en putterein gebou sal word. Prospect I teiken ‘n moontlike ligte- of medium oliebron van 365 miljoen vate in die Damara-vougordel, asook moontlike 1,7 triljoen kubieke voet aardgasbronne.