SAL betreur loodse se sloerstakingMarch 19, 2025
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens sê hy betreur die besluit van die Suid-Afrikaanse Vlieëniersvereniging en die Nasionale Vervoerbeweging se Vlieëniersforum om met ‘n sloerstaking te begin. Die optrede gaan oor salarisverhogings. Die lugredery bied ‘n aanvanklike verhoging van 7,3-persent vanjaar, gevolg deur 7,6-persent volgende jaar en in 2027. Die vakbond eis egter 15,7-persent. SAL sê die aanbod is billik en vrygewig, veral gegewe sy finansiële uitdagings. Hy voeg by gebeurlikheidsmaatreëls is ingestel om die uitwerking van die arbeidsoptrede tot die minimum te beperk.