AB de Villiers optimisties oor RCB se wenkanseMarch 19, 2025

Krieket: Royal Challengers Bengaluru se gewese kolwer, die Suid-Afrikaner AB de Villiers, glo die span se balans en die Indiese kolfmeester Virat Kohli se teenwoordigheid in die top-orde gee die span ‘n kans om die Indiese Premierliga vanjaar die heel eerste keer te wen. Die span het oor die jare al die groot name gelok, maar kon nog nooit die trofee lig nie. De Villiers het RCB van 2011 tot ’21 verteenwoordig. Hy sê vanjaar se span, ook met spelers soos kaptein Rajat Patidar, Phil Salt en Liam Livingstone, is baie sterk.